![]() Didumos (links onder) en Dimorfos, soos afgeneem deur die DART-ruimtetuig. | |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
---|---|
Epog 21 Januarie 2022 (Juliaanse dag 2459600,5) | |
Afelium | 2,2753 AE |
Perihelium | 1,0131 AE |
Halwe lengteas | 1,6442 AE |
Wentelperiode | 2,11 jaar (770 dae) |
Baanhelling | 3,4079° |
Lengteligging van stygende nodus | 73,196° |
Periheliumhoek | 319,32° |
Natuurlike satelliete | 1 (Dimorfos) |
Fisiese eienskappe |
|
Massa | 5,4±0,4×1011 kg (stelsel)[2] ≈ 5,2×1011 kg (primêre voorwerp)[3] |
Gem. digtheid | 2,40±0,30 g/cm3[4] |
Rotasieperiode | 2,2600±0,0001[2] 2,2593±0,0002 h[5] |
Ashelling | 174±20 ° |
Spektraaltipe: | S[2][6] · SMASS = Xk[1] · X[7] |
65803 Didumos (Engels: 65803 Didymos; voorlopige naam: 1996 GT) is 'n asteroïed van kleiner as 'n kilometer breed en 'n dubbele stelsel wat geklassifiseer word as 'n moontlik gevaarlike asteroïed en nabyaardevoorwerp van die Apollo-groep. Die asteroïed is in 1996 deur die Spacewatch-opname ontdek. Sy klein maan van 160 meter breed, Dimorfos, is in 2003 ontdek. Vanweë sy dubbele aard is die asteroïed toe tot "Didumos" (die Griekse woord vir "tweeling") hernoem.
Dimorfos was die teiken van die DART-sending om die moontlikheid te ondersoek om die rigting van 'n asteroïed te verander deur 'n ruimtetuig daarteen te laat bots. Die botsing is waargeneem deur LICIACube, 'n komponent van die sending wat 'n verbyvlug gedoen het.
<ref>
tag; no text was provided for refs named jpldata
<ref>
tag; no text was provided for refs named Naidu2020
<ref>
tag; no text was provided for refs named Nakano2022
<ref>
tag; no text was provided for refs named Cheng2023
<ref>
tag; no text was provided for refs named Pravec-2006
<ref>
tag; no text was provided for refs named Scheirich2022
<ref>
tag; no text was provided for refs named lcdb