![]()
| ||
Datum | 23 Maart 1998 | |
Plek | Shrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | Billy Crystal | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Titanic | |
Meeste pryse | Titanic (11) | |
Meeste benoemings | Titanic (14) |
Die 70ste Oscar-toekenningsaand is op 23 Maart 1998 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1997. Billy Crystal was vir die sesde keer die aanbieder en het ’n Emmy daarvoor gewen.
Die seremonie is oorheers deur die prent Titanic, wat vir 14 Oscars benoem is en 11 daarvan gewen het. Daarmee het hy twee rekords geëwenaar: dié van All About Eve (1951, 14 benoemings) en Ben-Hur (1960, 11 Oscars). Vanweë die gewildheid van die prent by die loket het die seremonie die hoogste kykerstal nog gehad (sowat 57,25 miljoen).[1]
Dit was die laaste keer tot op hede (2013) dat nie een van die akteurspryse toegeken is vir karakters wat op biografieë gebaseer is nie en dat al vier wen akteurs Amerikaners was.[2]
As ’n viering van 70 jaar van Oscar-toekenningsaande is tonele uit al die prente gewys wat al die Oscar as beste rolprent gewen het. Die Academy het ook 70 Oscar-akteurwenners na die seremonie genooi. Die kamera het al die gesigte gewys terwyl die akteur of aktrise aangekondig is, asook die prent en die jaar waarvoor hulle gewen het.