74ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 24 Maart 2002 | |
Plek | Kodak-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Whoopi Goldberg | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | A Beautiful Mind | |
Meeste pryse | A Beautiful Mind en The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (4 elk) | |
Meeste benoemings | The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (13) |
Die 74ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Maart 2002 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2001. Whoopi Goldberg was die aanbieder. Dit was die eerste Oscar-seremonie wat in Hollywood aangebied is sedert die 33ste Oscar-toekenningsaand in 1960.
A Beautiful Mind het vier Oscars gewen, insluitende beste rolprent en regisseur.[1] The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring het ook vier pryse gewen – almal in die tegniese kategorieë.
Dit was die eerste jaar dat ’n prys vir beste vollengte-animasieprent toegeken is en dat ’n swart Amerikaner (Halle Berry) die Oscar vir beste aktrise gewen het.[2]