75ste Oscar-toekenningsaand

  75ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 23 Maart 2003
Plek Kodak-teater,
Los Angeles
Aanbieder Steve Martin
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Chicago
Meeste pryse  Chicago (6)
Meeste benoemings  Chicago (13)

Die 75ste Oscar-toekenningsaand is op 23 Maart 2003 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2002. Steve Martin was die aanbieder.

Met sy 13 benoemings het Chicago die voortou geneem. Dit het ses van die Oscars gewen en is die eerste musiekprent sedert Oliver! in 1968 wat die kategorie vir beste rolprent wen. Roman Polanski, wat vir die vierde keer benoem is, het die prys vir beste regisseur gewen.

Adrien Brody was op 29 die jongste persoon wat die Oscar vir beste akteur wen – vir sy rol in The Pianist. Vir die eerste keer in die geskiedenis is ’n fiktiewe persoon vir ’n Oscar benoem: Donald Kaufman is saam met Charlie Kaufman benoem vir die Oscar vir die beste verwerkte draaiboek vir die rolprent Adaptation. In die prent is Donald Kaufman die fiktiewe tweelingbroer van Charlie Kaufman, gespeel deur Nicolas Cage.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne