Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (drama) Lady Bird (komedie of musiekspel)
TV-reeks
The Handmaid's Tale (drama) The Marvelous Mrs. Maisel (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent
Big Little Lies
Meeste pryse
Three Billboards Outside Ebbing, Missouri Big Little Lies (4)
Meeste benoemings
The Shape of Water (7)
Die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2017 vereer het, is op 7 Januarie 2018 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou.[1] Die geselsprogramaanbieder Seth Meyers was vir die eerste keer die aanbieder.[2][3] Op 13 Desember 2017 is aangekondig Oprah Winfrey is die wenner van die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.[4][5] Die benoemdes is op 11 Desember aangekondig.[6]
Three Billboards Outside Ebbing, Missouri het die meeste pryse (vier) gewen, onder meer vir beste rolprent (drama).[7]The Shape of Water en Lady Bird het elk twee pryse gewen.[8][9] Die beste TV-reeks was Big Little Lies.[10]
Uit ondersteuning vir die veldtogte #metoo en Time's Up het feitlik al die gaste swart gedra om hul simpatie met slagoffers van seksuele teistering te betoon.[11] Baie van die wenners het dié kwessie in hul aanvaardingstoesprake genoem, onder andere Oprah Winfrey.[12]