![]()
| ||
Datum | 25 Februarie 2007 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | Ellen DeGeneres | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Departed | |
Meeste pryse | The Departed (4) | |
Meeste benoemings | Dreamgirls (8) |
Die 79ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Februarie 2007 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2006. Ellen DeGeneres was die aanbieder.
Dreamgirls het die meeste benoemings (agt) gekry, maar The Departed het op die ou end meer Oscars (vier) gewen, onder meer beste rolprent en regisseur vir Martin Scorsese nadat hy agt keer vantevore onsuksesvol benoem is. Pan's Labyrinth het drie gewen, en An Inconvenient Truth, Dreamgirls en Little Miss Sunshine twee elk.
Met vyf swart, twee Spaanse en ’n Asiatiese benoemde was dit die etnies mees uiteenlopende groep wat vir die akteurs kategorieë in aanmerking gekom het. Ná dekades waarin meestal wit mense gewen het met hier en daar ’n wenner uit ’n minderheidsgroep, het die lys van benoemdes meer verteenwoordigend geraak. ’n Rekordgetal van 10 Mexikane het altesaam 12 benoemings gekry. Van hulle het die kinematograaf Guillermo Navarro en die produksie-ontwerper Eugenio Caballero gewen vir hul werk aan Pan's Labyrinth.