7de Oscar-toekenningsaand

  7de Oscar-toekenningsaand 

Datum 27 Februarie 1935
Plek Biltmore Hotel,
Los Angeles
Aanbieder Irvin S. Cobb
Pryse & benoemings
Beste rolprent  It Happened One Night
Meeste pryse  It Happened One Night (5)
Meeste benoemings  One Night of Love (6)
Clark Gable, wat die Oscar gewen het vir beste akteur.
Shirley Temple het ’n jeugprys gewen.

Die 7de Oscar-toekenningsaand is op 27 Februarie 1935 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1934. Die aanbieder was Irvin S. Cobb.

Frank Capra se invloedryke romantiese komedie It Happened One Night was die eerste prent wat al vyf toppryse gewen het: beste rolprent, regisseur, akteur, aktrise en verwerkte draaiboek. Dié prestasie sou later herhaal word deur One Flew Over the Cuckoo's Nest in 1976 en The Silence of the Lambs in 1992. Dit was ook die eerste romantiese komedie wat die Oscar vir beste prent gewen het.

Dit is die eerste keer dat pryse toegeken is vir prente van die vorige kalenderjaar – ’n praktyk wat steeds gevolg word. Die kategorieë beste redigering, beste oorspronklike musiek en beste oorspronklike liedjie is ook bygevoeg.

Shirley Temple het op sesjarige ouderdom die eerste jeugprys gewen – sy is die jongste ster wat nog ’n Oscar ontvang het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne