80ste Golden Globe-toekenningsaand

  80ste Golden Globe-aand 

Datum 10 Januarie 2023
Plek Die Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië
Aanbieder Jerrod Carmichael[1]
Beste rolprente en reekse
Rolprent  The Fabelmans (drama);
The Banshees of Inisherin (komedie of musiekspel)
TV-reeks  House of the Dragon (drama);
Abbott Elementary (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent  The White Lotus
Meeste pryse  Abbott Elementary
The Banshees of Inisherin (3 elk)
Meeste benoemings  The Banshees of Inisherin (8)

Die 80ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2022, soos deur die Hollywood Foreign Press Association gekies, is op 10 Januarie 2023 in Die Beverly Hilton, Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die komediant Jerrod Carmichael was die aanbieder.[1]

Die benoemdes is op 12 Desember 2022 aangekondig.[2][3][4]

The Banshees of Inisherin is vir die meeste pryse benoem (8), insluitende die prys vir beste prent – komedie of musiekspel en beste regisseur (Martin McDonagh). Dit was die meeste benoemings vir een prent sedert Cold Mountain vir die 61ste Golden Globe-toekenningsaand. Dit het ook saam met die komedie Abbott Elementary die meeste pryse ingepalm (3).[4][5][6]

Die seremonie was die laaste openbare optrede van Lisa Marie Presley voor haar dood twee dae later op 12 Januarie 2023.[7]

  1. 1,0 1,1 Schneider, Michael (8 Desember 2022). "Jerrod Carmichael Named Host of the Golden Globe Awards (Exclusive)". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2022. Besoek op 11 Desember 2022.
  2. Schneider, Michael (20 September 2022). "Golden Globes Return to TV in 2023, NBC and HFPA Set One-Year Deal". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2022. Besoek op 20 September 2022.
  3. Thomas, Carly (11 Desember 2022). "Golden Globe Nominations: How to Watch". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2022. Besoek op 11 Desember 2022.
  4. 4,0 4,1 Hipes, Patrick; Petski, Denise (12 Desember 2022). "Golden Globe Nominations: The Complete List". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2022. Besoek op 12 Desember 2022.
  5. Marszal, Andrew (11 Desember 2022). "'Banshees of Inisherin' tops nominations as Golden Globes attempt comeback". Yahoo! News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2022. Besoek op 11 Desember 2022.
  6. Dellatto, Marisa (10 Januarie 2023). "Golden Globes 2023: 'Abbott Elementary', 'The Banshees of Inisherin' Win Big". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2023. Besoek op 13 Januarie 2023.
  7. Huff, Lauren (12 Januarie 2023). "Lisa Marie Presley's last public appearance was in support of 'Elvis'". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2023. Besoek op 13 Januarie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne