Oppenheimer (drama); Poor Things (komedie of musiekspel)
TV-reeks
Succession (drama); The Bear (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent
Beef
Meeste pryse
Oppenheimer (5)
Meeste benoemings
Barbie Succession (9 elk)
Die 81ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2023 is op 7 Januarie 2024 in Die Beverly Hilton, Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die komediant Jo Koy was die aanbieder.[1] Die program is vervaardig deur Dick Clark Productions, Ricky Kirshner en Glenn Weiss; laasgenoemde was ook die regisseur.[2][3] Dit was die eerste seremonie sedert Dick Clark Productions en Eldridge Industries volle beheer oor die Golden Globes van die Hollywood Foreign Press Association oorgeneem het.[2]
Die benoemdes is op 11 Desember 2023 aangekondig.[4]Barbie en Succession is vir die meeste pryse benoem (9 elk), gevolg deur Oppenheimer (8).[5]
Die kultuurverskynsel "Barbenheimer" (Barbie en Oppenheimer) het 17 benoemings gekry, waarvan dit 7 gewen het.[6][7][8][9]