![]()
| ||
Datum | 22 Februarie 2009 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | Hugh Jackman | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Slumdog Millionaire | |
Meeste pryse | Slumdog Millionaire (8) | |
Meeste benoemings | The Curious Case of Benjamin Button (13) |
Die 80ste Oscar-toekenningsaand is op 22 Februarie 2009 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2008. Hugh Jackman was die aanbieder.
The Curious Case of Benjamin Button het die meeste benoemings gekry (13), maar Slumdog Millionaire het op die ou end die meeste Oscars ingepalm: altesaam agt, insluitende vir beste prent en regisseur.[1][2] Eersgenoemde prent het drie pryse gewen. The Dark Knight en Milk het twee elk gewen.
Die wenner van die kategorie vir beste manlike byspeler, Heath Ledger, was die tweede akteur wat ’n nadoodse Oscar gewen het. Die eerste was Peter Finch in 1977.[3]