![]()
| ||
Datum | 27 Februarie 2011 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | James Franco Anne Hathaway | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The King's Speech | |
Meeste pryse | The King's Speech en Inception (4 elk) | |
Meeste benoemings | The King's Speech (12) |
Die 83ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Februarie 2011 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2010. James Franco en Anne Hathaway was die aanbieders.
The King's Speech het die meeste benoemings gekry (12) en het vier Oscars gewen: beste prent, regisseur, akteur en oorspronklike draaiboek. Inception het ook vier Oscars gewen – almal in die tegniese kategorieë.[1] The Social Network het drie pryse gewen, en Alice in Wonderland, The Fighter en Toy Story 3 twee elk.