85ste Oscar-toekenningsaand

  85ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 24 Februarie 2013
Plek Dolby-teater, Hollywood
Aanbieder Seth MacFarlane
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Argo
Meeste pryse  Life of Pi (4)
Meeste benoemings  Lincoln (12)

Die 85ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2013 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2012. Seth MacFarlane was die aanbieder.

Life of Pi het vier Oscars gewen, waaronder beste regisseur vir Ang Lee.[1] Argo het drie pryse gewen, waaronder beste prent. Dit was net die derde prent wat die Oscar vir beste prent gewen het sonder dat sy regisseur benoem is.[1] Les Misérables het drie pryse gewen, en Django Unchained, Lincoln en Skyfall twee elk.

’n Verrassende wending was dat die eerste dame van Amerika, Michelle Obama, haar verskyning via satelliet gemaak en die Oscar vir beste prent saam met Jack Nicholson aangekondig het. Die vervaardigers het maande vooraf op die idee gekom en sou Ann Romney genooi het as haar man, Mitt Romney, Barack Obama sou verslaan het tydens die presidentsverkiesing van 2012. Die redes was dat hulle ’n nuwe dimensie tot die seremonie wou toevoeg en dat verskeie benoemde prente oor presidente en politieke temas gehandel het.[2] Mev. Obama se verskyning het egter kritiek onder sommige mense ontlok wat haar daarvan beskuldig het dat sy die Oscars verpolitiseer het.[3]

  1. 1,0 1,1 "Oscar winners at the 85th annual Academy Awards" (in Engels). Fox News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 25 Februarie 2013.
  2. Zeitchik, Steven (25 Februarie 2013). "Michelle Obama on the Oscars: The behind-the-scenes story". Los Angeles Times. Besoek op 4 Maart 2013.
  3. Goodman, Lee-Ann (26 Februarie 2013). "Michelle Obama's Oscar appearance ignites right-wing outrage". Calgary Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2013. Besoek op 28 Februarie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne