87ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 22 Februarie 2015 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Neil Patrick Harris[1] | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Birdman or (The Unexpected Virtue of Ignorance) | |
Beste regisseur | Alejandro G. Iñárritu | |
Beste akteur | Eddie Redmayne | |
Beste aktrise | Julianne Moore | |
Meeste pryse | Birdman en The Grand Budapest Hotel (4 elk) | |
Meeste benoemings | Birdman en The Grand Budapest Hotel (9 elk) |
Die 87ste Oscar-toekenningsaand is op 22 Februarie 2015 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2014.[2][3] Neil Patrick Harris was vir die eerste keer die aanbieder.[4]
Die prente wat die meeste pryse ingepalm het, was Birdman or (The Unexpected Virtue of Ignorance), algemeen bekend as Birdman, en The Grand Budapest Hotel – elk het vier gewen terwyl eersgenoemde die Oscar vir beste prent gekry het.[5][6] Ander wenners sluit in Whiplash (drie), en American Sniper, Big Hero 6, Boyhood, Citizenfour, Crisis Hotline: Veterans Press 1, Feast, Ida, The Imitation Game, Interstellar, The Phone Call, Selma, Still Alice en The Theory of Everything (een elk).