89ste Oscar-toekenningsaand

  89ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 26 Februarie 2017
Plek Dolby-teater, Hollywood
Aanbieder Jimmy Kimmel
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Moonlight
Beste regisseur  Damien Chazelle
Beste akteur  Casey Affleck
Beste aktrise  Emma Stone
Meeste pryse  La La Land (6)
Meeste benoemings  La La Land (14)

Die 89ste Oscar-toekenningsaand is op 26 Februarie 2017 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2016.[1][2] Die komediant Jimmy Kimmel was vir die eerste keer die aanbieder.[3]

Die prent wat vir die meeste pryse benoem en die meeste ingepalm het, was La La Land (onderskeidelik 14 en 6) met Damien Chazelle as regisseur. Chazelle het ook die Oscar vir beste regisseur gewen.

Moonlight het drie Oscars gewen, onder meer dié vir beste rolprent. La La Land is verkeerdelik as die wenner aangekondig voordat die fout reggestel en Moonlight as die eintlike wenner aangekondig is.[4][5] Hacksaw Ridge en Manchester by the Sea het elk twee pryse gewen. Wenners van een prys elk sluit in Arrival, Fantastic Beasts and Where to Find Them, Fences, The Jungle Book, O.J.: Made in America, Piper, The Salesman, Sing, Suicide Squad, The White Helmets en Zootopia.

  1. "Oscar 2017: Michael De Luca and Jennifer Todd confirmed to produce 89th Oscars" (in Japannees). Academy of Motion Picture Arts and Sciences. 4 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 5 November 2016.
  2. Khatchatourian, Maane (8 Februarie 2017). "Glenn Weiss to Direct Oscar Ceremony for Second Consecutive Year". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 14 Februarie 2017.
  3. Kilday, Gregg (5 Desember 2016). "Oscars: Jimmy Kimmel to Host This Year's Ceremony (Exclusive)". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2020. Besoek op 14 Februarie 2017.
  4. Donnelly, Jim (26 Februarie 2017). "Moonlight Wins Best Picture After 2017 Oscars Envelope Mishap" (in Japannees). Academy of Motion Picture Arts and Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 27 Februarie 2017.
  5. France, Lisa Respers (26 Februarie 2017). "Oscars 2017: 'Moonlight' wins Best Picture after some confusion" (in Engels). CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 26 Februarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne