8ste Oscar-toekenningsaand

  8ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 5 Maart 1936
Plek Biltmore Hotel,
Los Angeles
Aanbieder Frank Capra
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Mutiny on the Bounty
Meeste pryse  The Informer (4)
Meeste benoemings  The Lives of a Bengal Lancer en Mutiny on the Bounty (7 elk)
Bette Davis, beste aktrise, in 'n toneel uit Dangerous.

Die 8ste Oscar-toekenningsaand is op 5 Maart 1936 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1935. Die aanbieder was Frank Capra. Dit was die eerste jaar dat die beeldjies "Oscars" genoem is.

Die kategorie "Beste dansafrigting" is in dié jaar bekend gestel, maar het nie lank gehou nie – dit is drie jaar later afgeskaf.

Mutiny on the Bounty was die laaste prent tot op hede wat die Oscar vir beste prent gewen het en niks anders nie, en die enigste prent nog wat drie benoemings gekry het vir beste akteur: Clark Gable, Charles Laughton en Franchot Tone. Nie een van hulle het gewen nie.

Die wenner was Victor McLaglen vir sy spel in The Informer. Bette Davis het die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar spel in Dangerous. Mutiny on the Bounty is aangewys as beste rolprent.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne