Metis (kleinplaneetnaam: 9 Metis) is een van die grootste voorwerpe in die asteroïdegordel. Dit bestaan uit silikate en nikkel-yster, en kan die kernoorblyfsel wees van ’n groot asteroïde wat lank gelede deur ’n botsing vernietig is.[8] Metis het na raming net minder as ’n halwe persent van die totale massa van die asteroïdegordel.[2]
Volgens foto's van die Hubble-ruimteteleskoop[4][9] en ligkurwe-ontledings[10] het Metis ’n lang, onreëlmatige vorm met een skerp en een breë punt.[10][9] Radarwaarnemings dui op ’n aansienlike plat gebied,[11] en dit stem ooreen met die vorm wat uit ligkurwes afgelei is.
↑ 4,04,1A. D. Storrs et al., A closer look at main-belt asteroids 1: WF/PC images, Icarus Vol. 173, p. 409 (2005).
↑L. F. Lim et al., Thermal infrared (8–13 µm) spectra of 29 asteroids: the Cornell Mid-Infrared Asteroid Spectroscopy (MIDAS) Survey, Icarus Vol. 173, p. 385 (2005).
↑Donald H. Menzel; Jay M. Pasachoff (1983). A Field Guide to the Stars and Planets (2de uitg.). Boston, MA: Houghton Mifflin. p. 391. ISBN0-395-34835-8. {{cite book}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)