90ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 4 Maart 2018 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Jimmy Kimmel | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Shape of Water | |
Beste regisseur | Guillermo del Toro | |
Beste akteur | Gary Oldman | |
Beste aktrise | Frances McDormand | |
Meeste pryse | The Shape of Water (4) | |
Meeste benoemings | The Shape of Water (13) |
Die 90ste Oscar-toekenningsaand is op 4 Maart 2018 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2017.[1] Die komediant Jimmy Kimmel was vir die tweede keer die aanbieder.[2] Die seremonie is op 4 Maart 2018 gehou in plaas van laat in Februarie soos gewoonlik sodat dit nie met die Olimpiese Winterspele 2018 bots nie.[3]
The Shape of Water het die meeste Oscars (vier) gewen, onder meer dié vir beste rolprent en beste regisseur. Dunkirk het drie gewen, en Blade Runner 2049, Coco, Darkest Hour en Three Billboards Outside Ebbing, Missouri twee elk. Die prente Call Me by Your Name, Dear Basketball, A Fantastic Woman, Get Out, Heaven Is a Traffic Jam on the 405, I, Tonya, Icarus, Phantom Thread en The Silent Child het een elk gewen.