'n Model van 99942 Apofis se vorm, met die veronderstelling dat die hele oppervlak dieselfde samestelling het. | |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
---|---|
Epog 13 September 2023 (Juliaanse dag 2453300,5) | |
Afelium | 1,0994 AE |
Perihelium | 0,7461 AE |
Halwe lengteas | 0,9227 AE |
Wentelbaanradius | 0,9225 AE |
Wentelperiode | 0,886 jaar |
Gem. omwentelingspoed | 30,73 km/s |
Gem. anomalie | 142,9° |
Gem. beweging | 1,11198°/dag |
Baanhelling | 3,339° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings |
|
Massa | 61 000 000 000 kg (veronderstel)[3] |
Spektraaltipe: | Sq[4] |
99942 Apofis (Engels: 99942 Apophis; voorlopige naam: 2004 MN4) is 'n nabyaarde-asteroïed en moontlik gevaarlike voorwerp van 450 x 170 m groot.[2] Dit het in Desember 2004 'n kort tydperk van kommer veroorsaak toe aanvanklike waarnemings gedui het op 'n moontlikheid van 2,7% dat dit op Vrydag 13 April 2029 teen die Aarde sou bots.
Verdere waarnemings het die moontlikheid uitgeskakel dat dit in 2029 teen die Aarde sou bots, maar die moontlikheid het gebly dat dit in dié jaar deur 'n streek, of "sleutelgat", van sowat 800 m breed sou beweeg wat die wentelbaan sou verander[5][6] en dat dit sou lei tot 'n botsing presies sewe jaar later, op Paassondag 13 April 2036.[7] Dié moontlikheid het dit op vlak 1 van die Torino-gevaarskaal gehou tot in Augustus 2006, toe bepaal is die moontlikheid dat dit deur dié streek sou beweeg, is baie klein. Die syfer op die Torino-skaal het toe tot nul gedaal. In die kort tyd dat dit vir die grootste kommer gesorg het, het die asteroïed die hoogste syfer (vlak 4 op 27 Desember 2004) op die Torino-skaal behaal.[8]
Die ontdekking van Apofis in 2004 is taamlik verbasend, want daar word geraam dat so 'n groot asteroïed, of 'n groter een, gemiddeld net elke 800 jaar naby die Aarde kom.[9][7] So 'n asteroïed sal die Aarde na verwagting elke 80 000 jaar tref.[10]
Dit is nou bekend dat Apofis in 2036 so naby as 'n derde van die Son se afstand aan die Aarde sal kom, in beide Maart en Desember,[1] – dit is omtrent die afstand van die planeet Venus wanneer dit die Aarde elke 1,6 jaar verbysteek. Simulasies in 2013 het gewys die Jarkofski-effek kan veroorsaak dat Apofis 'n "sleutelgat" in 2029 tref, sodat dit in 2051 naby aan die Aarde sal kom, en dat dit dan weer 'n "sleutelgat" kan tref wat veroorsaak dat dit die Aarde in 2068 tref. Die kans dat die Jarkofski-effek presies die regte waarde hiervoor sal hê, word egter bereken op twee uit 'n miljoen.[11][12]
Radarwaarnemings in Maart 2021 het die wentelbaan help verfyn,[13] en in Maart 2021 het die Jet Propulsion Laboratory aangekondig daar is geen kans dat Apofis die Aarde binne die volgende 100 jaar sal tref nie.[14][15] Sedert dié tyd het ses asteroïede 'n groter kumulatiewe kans as Apofis om die Aarde te tref, en nie een van hulle het 'n groter Torino-vlak as 0 nie.
<ref>
tag; no text was provided for refs named jpldata
<ref>
tag; no text was provided for refs named Brozovic2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named riskneo
<ref>
tag; no text was provided for refs named phys
<ref>
tag; no text was provided for refs named “keyhole”
<ref>
tag; no text was provided for refs named Neil deGrasse Tyson – Death By Giant Meteor
<ref>
tag; no text was provided for refs named nasanews146
<ref>
tag; no text was provided for refs named neo
<ref>
tag; no text was provided for refs named Earth-impact
<ref>
tag; no text was provided for refs named Farnocchia2013_Icarus
<ref>
tag; no text was provided for refs named S&T2020
<ref>
tag; no text was provided for refs named Goldstone2021