A Clockwork Orange | |
---|---|
Regisseur | Stanley Kubrick |
Produksieleier | Stanley Kubrick |
Draaiboek | Anthony Burgess (roman) Stanley Kubrick |
Met | O.a. Malcolm McDowell |
Musiek deur | Wendy Carlos |
Uitgereik | 1971 |
Speeltyd | 136 min |
Land | Brittanje, VSA |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
A Clockwork Orange is ’n 1971-rolprent. Dis ’n satiriese wetenskapsfiksie-verwerking van die roman met dieselfde naam deur Anthony Burgess wat in 1962 verskyn het. Stanley Kubrick was die regisseur, vervaardiger en medeskrywer. Dit het feitlik onmiddellik ná sy vrystelling kultussatus gehad.
Die akteur Malcolm McDowell is die charismatiese en psigopatiese misdadiger Alex DeLarge wat genot put uit Beethoven, verkragting en geweld. Hy is die leier van ’n klein groepie boewe (Pete, Georgie en Dim) wat hy sy droogs noem (van die Russiese woord друг; droeg – vriend). Alex vertel die grootste deel van die rolprent in Nadsat, ’n sleng wat saamgestel is uit Russiese en Engelse woorde en Cockney-sleng. Die prent bevat ontstellende, gewelddadige beelde om kommentaar te help lewer op psigiatrie, jeugbendes en ander onderwerpe in ’n futuristiese, anti-utopiese Brittanje.
Die klankbaan bestaan hoofsaaklik uit klassieke musiek en musiek van Wendy (toe Walter) Carlos. Die enigste uitsondering is Singin' in the Rain, die enigste liedjie waarvan Malcolm McDowell al die woorde geken het.