A Kind of Magic

Hierdie artikel handel oor die album van Queen. Vir die liedjie, sien A kind of Magic (liedjie).
A Kind of Magic
van Queen
Vrygestel3 Junie 1986
Genrepop rock, hard rock
Speeltyd40:58
EtiketEMI (Europa)
Hollywood Records (US)
ProdusentQueen, Mack; David Richards
Queen-chronologie
The Works
(1984)The Works1984
A Kind of Magic The Miracle
(1989)The Miracle1989
Waarskuwing: Hierdie bladsy gebruik Sjabloon:Inligtingskas album met ongeldige parameter "aantal musiekstukke" (hierdie boodskap vertoon slegs tydens voorskou).
Waarskuwing: Hierdie bladsy gebruik Sjabloon:Inligtingskas album met ongeldige parameter "formate" (hierdie boodskap vertoon slegs tydens voorskou).
Waarskuwing: Hierdie bladsy gebruik Sjabloon:Inligtingskas album met ongeldige parameter "besetting" (hierdie boodskap vertoon slegs tydens voorskou).

A Kind of Magic is die twaalfde album van die Britse rockgroep Queen wat op 2 Junie 1986 deur EMI in die Verenigde Koninkryk en deur Capital Records in die VSA vrygestel is. Dit was hulle eerste album wat digitaal opgeneem is en is gebasseer op die temalied van Highlander, die eerste film waarvan Russell Mulcahy die regisseur was.

A Kind of Magic was Queen se eerste album wat vrygestel is na hulle beroemde Live Aid konsert in 1985. Die album was dadelik 'n treffer in die VK nadat dit dadelik na eerste plek op die treffelys gegaan het en 100,000 kopieë binne die eerste week verkoop het. Dit het op die VK trefferlys vir 63 weke gebly en ongeveer ses miljoen kopieë wêreldwyd verkoop (600,000 alleenlik in die VK). Die album spog met vier enkeltreffers: Die album se titellied "A kind of Magic", "One Vision", "Friends Will Be Friends en "Who Wants To Live Forever", wat 'n opera deur Michael Kamen insluit, terwyl die laaste lied, "Princess of the Universe", die temalied van film Highlander is.

Alhoewel Queen nog twee albums vrygestel het na A Kind of Magic, was dit die laaste album wat opgevolg was met 'n konserttoer as gevolg van die hoofsanger, Freddie Mercury, se diagnose met Vigs die volgende jaar.

Die album het bekendheid verwerf as een van die eerste viniel-plate deur 'n belangrike westerse rockgroep in die VSSR vrygestel is na die begin van peresetroika. Die staatsbeheerde Melodiya het die lisensie gekoop om A Kind of Magic te verprei asook die regte van 'n konsertfilm getiteld, Hugarian Rhapsody, wat verfilm is in Boedapest.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne