A Single Man is 'n Amerikaanse rolprent van Tom Ford uit 2009. Die rolprent se dialoog vind deurgaans in Engels plaas.
Die rolprent is die regisseurdebuut van die beroemde en suksesvolle modeontwerper Tom Ford. Dit is 'n verfilming van die gelyknamige boek van Christopher Isherwood. Die hoofrol word vertolk deur Colin Firth, welke nie die verlies van sy geliefde kan verwerk nie. Die rolprent speel in 1962 af teen die historiese agtergrond van die Kubaanse missielkrisis. A Single Man is uitermate gestileerd, maar dit word goed deur resensente ontvang. Die hoofrolspeler Colin Firth is onder meer vir sy rol genomineer vir 'n Golden Globe toekenning en 'n Oscar.