AB de Villiers | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | ||||||
AB de Villiers in 2009 | ||||||
Volle naam | Abraham Benjamin de Villiers | |||||
Gebore | 17 Februarie 1984 Pretoria, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | AB | |||||
Lengte | 1,78 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium | |||||
Rol | Kolwer, paaltjiewagter | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 296) | 17 Desember 2004 v Engeland | |||||
Laaste Toets | 30 Maart 2018 v Australië | |||||
Toetshempno. | 62 | |||||
EDI debuut (no 78) | 2 Februarie 2005 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 16 Februarie 2018 v Indië | |||||
EDI hempno. | 17 | |||||
T20I debuut (no 20) | 24 Februarie 2006 v Australië | |||||
Laaste T20I | 29 Oktober 2017 v Bangladesj | |||||
T20I hempno. | 17 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2003/04 | Noordelikes | |||||
2004/05–2017/18 | Titane | |||||
2008–2010 | Delhi Daredevils (spanno. 17) | |||||
2011–2021 | Royal Challengers Bangalore (spanno. 17) | |||||
2016 | Barbados Tridents (spanno. 17) | |||||
2018 | Tshwane Spartans (spanno. 17) | |||||
2019 | Rangpur Riders (spanno. 17) | |||||
2019 | Lahore Qalandars (spanno. 17) | |||||
2019 | Middlesex (spanno. 17) | |||||
2019/20 | Brisbane Heat (spanno. 17) | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | 1ste rang | ||
Wedstryde | 114 | 228 | 78 | 141 | ||
Lopies aangeteken | 8765 | 9577 | 1672 | 10689 | ||
Kolfgemiddeld | 50.66 | 53.50 | 26.12 | 49.71 | ||
100s/50s | 22/46 | 25/53 | 0/10 | 25/60 | ||
Hoogste telling | 278* | 176 | 79* | 278* | ||
Aflewerings geboul | 204 | 192 | – | 234 | ||
Paaltjies | 2 | 7 | – | 2 | ||
Boulgemiddeld | 52.00 | 28.85 | – | 69.00 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | – | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | – | 0 | ||
Beste boulontleding | 2/22 | 2/15 | – | 2/49 | ||
Vangskote/Stonkings | 222/5 | 176/5 | 65/7 | 500/6 | ||
Bron: ESPNcricinfo, 19 November 2021 |
Abraham Benjamin (AB) de Villiers (17 Februarie 1984 in Pretoria) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kaptein van die Eendag- en T20-span van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2007, 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2006, 2009, 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel. Op 23 Mei 2018 het AB de Villiers sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.[1] In Januarie 2020 het De Villiers egter sy belangstelling uitgespreek om vir die T20I-wêreldbeker 2020 terug te kom,[2] maar later dié jaar is bevestig dat hy dit nie sou doen nie.[3] Op 19 November 2021 het De Villiers sy uittrede uit alle vorme van krieket aangekondig.[4]