AFC | |
---|---|
Kenteken van die AFC
| |
Engelse naam | Asian Football Confederation |
Arabiese naam | الاتحاد الآسيوي لكرة القدم |
Vasteland | Asië |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 7 Mei 1954 |
Gestig in | Manila, Filippyne |
President | Salman bin Ibrahim Al Khalifa |
Adjunkpresidente | Saoud Al-Mohannadi Ganbaatar Amgalanbaatar Faisal Saleh Hayat Mehdi Taj Zaw Zaw |
Sekretaris-generaal | Windsor John |
Sambreelorganisasie | FIFA |
Konfederasies | AFF, CAFA, EAFF, SAFF, WAFF |
Setel | Kuala Lumpur, Maleisië |
Lede | 47 |
Amptelike tale | Arabies en Engels |
Amptelike webwerf | the-afc.com |
AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC.
Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek ook in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigterslid van die OFC geword.