Aartshertog Frans Ferdinand | |
---|---|
Aartshertog van Oostenryk-Este | |
Troonopvolger | 1875–1914 |
Voorganger | Frans V |
Opvolger | Karel I |
Gebore | 18 Desember 1863 |
Oorlede | 28 Junie 1914 |
Eggenote | Sophie, hertogin von Hohenberg |
Kinders | Prinses Sophie van Hohenberg Maximilian, Hertog van Hohenberg Prins Ernst van Hohenberg |
Huis | Habsburg-Lotaringe |
Vader | Karel-Lodewyk van Oostenryk |
Moeder | Maria Annunciata van Bourbon-Sisilië |
Frans Ferdinand (18 Desember 1863 – 28 Junie 1914) was ’n aartshertog van Oostenryk-Este, prins van Hongarye en van Boheme, en van 1889 tot met sy dood troonopvolger van Oostenryk-Hongarye.[1] Die sluipmoord op hom in Sarajewo het daartoe gelei dat Oostenryk-Hongarye oorlog teen Serwië verklaar het. Die gevolg was dat die Sentrale Moondhede (insluitende Duitsland en Oostenryk-Hongarye) en die Geallieerdes (bondgenote van Serwië of van Serwië se bondgenote) oorlog teen mekaar verklaar het. Dit was die begin van die Eerste Wêreldoorlog.[2][3][4]
Hy is in Graz, Oostenryk, gebore as die oudste seun van aartshertog Karel Lodewyk van Oostenryk (jonger broer van Frans Josef I van Oostenryk en Maximilian I van Mexiko) en sy tweede vrou, prinses Maria Annunciata van Bourbon-Sisilië. Toe hy 12 jaar oud was, is sy neef Hertog Frans V van Modena oorlede en hy het Frans Ferdinand as sy erfgenaam aangewys op voorwaarde dat hy die naam Este by sy eie voeg. So het Frans Ferdinand die rykste man in Oostenryk geword.