Abel | |
---|---|
Koning van Denemarke | |
![]() | |
Periode | 1 November 1250 – 29 Junie 1252 |
Voorganger | Erik IV |
Opvolger | Christoffel I |
Huis | Estridsen |
Vrou | Mechtild van Holstein |
Kinders | Waldemar III, Hertog van Sleeswyk Sophie Erik I, Hertog van Sleeswyk Abel |
Vader | Waldemar II |
Moeder | Berengária van Portugal |
Gebore | 1218 |
Oorlede | 29 Junie 1252 |
Abel (1218 – 29 Junie 1252) was van 1232 tot 1252 die Hertog van Sleeswyk en van 1 November 1250 tot met sy dood koning van Denemarke. Hy was die seun van koning Waldemar II en sy tweede vrou, Berengária van Portugal, en die broer van konings Erik IV en Christoffel I.[1]
As die Hertog van Sleeswyk het hy vasgesit met sy broer, koning Erik IV, en daar is vermoed dat hy by sy moord in 1250 betrokke was. Nadat hy ’n eed afgelê het dat hy onskuldig is, is hy as koning gekies. Ná ’n kort bewind is hy vermoor tydens ’n militêre ekspedisie in Friesland.
Abel se bewind was die kortste van enige Deense koning.