Abu Nidal

President Reagan word oor Abu Nidal ingelig.

Abu Nidal (1937–2002) was een van die mees gesoekte en gevreesde Palestynse terroriste ter wêreld. Nidal het lughawens, vliegtuie, busse en openbare geboue aangeval en soms selfmoord-bomaanvallers hiervoor gebruik. Hy word vir 'n totaal van 90 aanvalle in 20 lande verantwoordelik gehou. Hierdie aanvalle het hoofsaaklik tussen die middel 1970's en vroeë 1990's plaasgevind. Die naam Abu Nidal beteken "vader van die stryd".[1]

  1. Yossi Melman, The Master Terrorist: The True Story Behind Abu Nidal, Sidgwick & Jackson, 1987 [1986], p. 213.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne