Acinonyx kurteni | |
---|---|
![]() | |
Rekonstruksie van 'n Acinonyx kurteni | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. kurteni
|
Binomiale naam | |
Acinonyx kurteni |
Acinonyx kurteni is 'n uitgestorwe karnivoor katspesie uit die Felidae-familie, wat inheems aan Asië gedurende die Laat Plioseentydperk voorgekom het. Dit het tussen 2,5 miljoen – 11 000 jaar gelede geleef, met 'n voortbestaan van ongeveer 2,489 miljoen jaar.[1][2]
Dit is in 2008 omskryf[3] en is die mees primitiewe jagluiperdspesie wat tot op hede opgegrawe is. Hierdie ontdekking ondersteun die teorie dat die jagluiperd sy ontstaan in die Ou Wêreld gehad het.[4] Hierdie oerdier deel ooreenkomstige kenmerke met die moderne jagluiperd, Acinonyx jubatus, soos vergrote sinusse vir lugtoevoer wanneer daar gehardloop word, hoewel die tande primitiewe kenmerke toon.[5]