Adansonia digitata

Baobab
A. digitata in die Ivoorkus.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Malvales
Familie: Malvaceae
Genus: Adansonia
Spesie:
A. digitata
Binomiale naam
Adansonia digitata
L., (1759)
Sinonieme
  • Baobabus digitata (L.) Kuntze

Die Boabab (Adansonia digitata) is 'n boom wat deel is van die Malvaceae familie. In Suid-Afrika is die plant is inheems in Limpopo en in Afrika in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Ghana, Golf van Guinee-eilande, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Dit kom ook op die Arabiese Skiereiland in Jemen en Oman voor.

Die Boabab is die mees bekende van die agt kremetartspesies, en was die eerste om wetenskaplik beskryf te word. Dit is die enigste van die agt spesies wat inheems aan Afrika is, en word redelik algemeen aangetref in die warm, droë bosveld, savanne en droë woude van Afrika. Dit is ook inheems aan die kusstrook van die Comoro-argipel.

Die boom staan ook bekend as die kremetartboom en Afrika-kremetart.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne