Addams Family Values

Addams Family Values
[[Beeld:|250px|]]
Regisseur Barry Sonnenfeld
Vervaardiger Scott Rudin
Draaiboek Paul Rudnick
Met
Musiek deur Marc Shaiman
Kinematografie Donald Peterman
Ateljee Scott Rudin Productions
Verspreider Paramount Pictures
Uitgereik 1993
Speeltyd 94 minute
Land VSA
Taal Engels

Addams Family Values is 'n Amerikaanse bonatuurlike swart komedie wat deur Barry Sonnenfeld geregisseer en deur Paul Rudnick geskryf is. Dit is geskoei op die karakters wat deur Charles Addams geskep is en is die opvolg van The Addams Family van 1991. Feitlik al die hoofakteurs van die oorspronklike rolprent is weer te sien, insluitende Anjelica Huston, Raul Julia, Christopher Lloyd, Christina Ricci, Carel Struycken, Jimmy Workman en Christopher Hart. Joan Cusack en Carol Kane is ook in die prent.

In vergelyking met sy voorloper, wat in 'n mate die lawwe benadering van die TV-reeks met dieselfde naam van 1964 behou het, is Addams Family Values se humor baie donker en makaber.[1] Die rolprent gaan oor die gesin se aanpassings by die geboorte van die nuwe baba, Pubert. Verder trou oom Fester met die nuwe kinderoppasser, Debbie Jellinsky, 'n reeksmoordenaar wat beplan om hom te vermoor vir sy erfenis; en gaan Wednesday en Pugsley na 'n somerkamp.

Die prent is opgvolg deur Addams Family Reunion.


Bederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.


  1. Levy, David (20 Desember 1993). "Charles Addams Might Grimace at This 'Family'". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 24 Augustus 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne