Addis Abeba Bole Internasionale Lughawe አዲስ አበባ ቦሌ ዓለም አቀፍ አውሮፕላን ማረፊያ | |||
---|---|---|---|
![]() | |||
IATA: ADD – ICAO: HAAB | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Ethiopian Airports Enterprise | ||
Bedien | Addis Abeba, Ethiopië | ||
Ligging | Bole, Addis Abeba | ||
Spil vir | Ethiopian Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 2 334 m / 7 656 vt | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
07R/25L | 4 725 | 15 502 | Teer |
07L/25R | 4 604 | 15 301 | Teer |
Statistieke (2018) | |||
Passasiers | 12 143 938 | ||
Lugbewegings | 1 420 997 (2009) |
Die Addis Abeba Bole Internasionale Lughawe (IATA-kode: ADD, ICAO: HAAB) bedien die stad van Addis Abeba, die hoofstad van Ethiopië. Dit is geleë in die Bole-gebied, 6 km (3,7 myl) suidoos van die middestad en 65 km (40 myl) noord van Debre Zeyit. Voorheen het dit bekend gestaan as die Haile Selassie I Internasionale Lughawe.[1]
Dit is die belangrikste sentrum van Ethiopian Airlines, die nasionale lugredery wat bestemmings in Ethiopië en die hele vasteland van Afrika bedien, asook ononderbroke diens lewer aan Asië, Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika. Dit is ook die basis van die Ethiopiese Lugdiensakademie.[2] Teen Julie 2013 vertrek en arriveer meer as 150 vlugte per dag by die lughawe.[3] In 1960 het Ethiopian Airlines besef die aanloopbaan by Lidetta is te kort vir sy nuwe stralervliegtuig, die Boeing 720. So is 'n nuwe lughawe by Bole gebou.[4] Teen Desember 1962 was die nuwe aanloopbaan en beheertoring in werking.