Adelheid van Poitiers

Adelheid van Poitiers
Adelheid van Poitiers

Koningin-gesellin van Frankryk
Voorafgegaan deur Emma van Italië
Opgevolg deur Susanna van Italië (Rozala van Ivrea)

Persoonlike besonderhede
Gebore Tussen 945 en 952
Sterf 1004

Adelheid van Poitiers (945/952 – omstreeks 1004)[1] was die dogter van Willem III van Akwitanië en Adela van Normandië (Geirlaug), laasgenoemde die dogter van Rollo en Poppa. Sy het Koningin van Frankryk geword na haar huwelik met Hugo Capet, die Koning van die Franke (omstreeks 939 – 14 Oktober 996). Adelheid en Hugo was die stigters van die Dinastie van die Capetingers wat Frankryk tot in die 18de en 19de eeue sou regeer. As Koningin-gesellin het Adelheid 'n mate van invloed oor haar man se bestuursake gehad. Sy word tipies net kortliks genoem in verband met haar man Hugo en haar seun Robert II.

  1. "Women's Biography: Adelaide of Aquitaine, queen of the Franks". Epistolae: Medieval Women's Latin Letters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 7 Desember 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne