Adolphe Charles Adam | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 24 Julie 1803 |
Sterf | 3 Mei 1856 |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Adolphe Charles Adam (Frans: [adolf adɑ̃]; 24 Julie 1803 – 3 Mei 1856)[1] was 'n Franse komponis en musiekkritikus. Hy het baie operas en balletstukke geskryf. Vandag is hy onder meer bekend om sy ballette Giselle (1841) , Le corsaire (1856, sy laaste werk), en sy operas Le postillon de Lonjumeau (1836), Le toréador (1849) en Si j'étais roi (1852)[2] asook sy Kersfeeslied Minuit, chrétiens! (1844), wat later Engelse lirieke gekry het, en wyd gesing word as "O Holy Night" (1847).
Adam was 'n bekwame onderwyser en het Léo Delibes[3] en ander invloedryke komponiste onderrig.