Afghaanse Krieketraad | |
---|---|
Kenteken van die Afghaanse Krieketraad
| |
Engelse naam | Afghanistan Cricket Board |
Afkorting | ACB |
Pasjtoenaam | د افغانستان کريکټ بورډ |
Oerdoenaam | کریکت بورد افغانستان |
Land | Afghanistan |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1995 |
Gestig in | Pakistan |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 2013 |
Vastelandse beheerliggaam | Asiatiese Krieketraad |
Voorsitter | Mirwais Ashraf |
Hoof- uitvoerende beampte | Naseeb Khan |
Setel | Alokozay Kabul Internasionale Krieketveld, Kaboel, Afghanistan |
Amptelike tale | Engels, Pasjtoe en Persies |
Amptelike webwerf | cricket.af |
Die Afghaanse Krieketraad (Engels: Afghanistan Cricket Board, afgekort “ACB”; Pasjtoe: د افغانستان کريکټ بورډ; Persies: کریکت بورد افغانستان), voorheen bekend as die Afghaanse Krieketfederasie (Afghanistan Cricket Federation, ACF), is die bestuursliggaam wat krieket in Afghanistan beheer. Die beheerliggaam is in 1995 gestig en by die Alokozay Kabul Internasionale Krieketveld in Kaboel gesetel. Sedert 2017 verteenwoordig dit Afghanistan by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 2001 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).