African People's Convention

African People's Convention
APC
Logo van die betrokke party.
Leier Themba Godi
Slagspreuk The Alternative Voice
Gestig 4 September 2007
Afgestig van Pan Africanist Congress of Azania
Hoofkwartier 4de vloer, Dr Neil Aggett-huis, Presidentstraat 90, Johannesburg 2001, Gauteng
Jeugvleuel APCYL
Ideologie Pan-Afrikanisme
Sosialisme
Swart nasionalisme
Kontinentale eenheid[1]
Amptelike kleure Swart, geel, groen
Webblad www.theapc.org.za
APC in Pretoria

Die African People's Convention (APC) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 4 September 2007 gestig deur die voormalige onderleier van die Pan Africanist Congress of Azania, Themba Godi, en die PAC se enigste twee provinsiale verteenwoordigers, Zingisa Mkabile (Oos-Kaap) en Malesela Ledwaba (Gauteng).[2] Alhoewel die party albei provinsiale setels in die 2009 algemene verkiesing verloor het, het hy sy setel in die Nasionale Vergadering behou, en ook in 2014. Die party het egter sy nasionale vergadering setel in 2019 verloor. Die APC het aan die 2024 algemene verkiesing deelgeneem maar kon geen setels inpalm nie.

  1. (en) "Breë ideologie". APC. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 30 Augustus 2010. Besoek op 13 Oktober 2016.
  2. "Godi leaves PAC for African People's Convention" (in Engels). Mail & Guardian. 4 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 Oktober 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne