Die APK se Psalm en Gesangeboek.Die preekstoel in die Afrikaanse Protestantse Kerk in Orania.
Die Afrikaanse Protestantse Kerk is 'n kerkverband wat bestaan uit 212 gereformeerde kerke waarvan die meeste in Suid-Afrika geleë is, met sewe gemeentes in Namibië,[1] en een in Londen, Engeland[2] wat hulle ook by die kerkverband gevoeg het. Die totale lidmaattal was in 2017 sowat 31 500.[3]