Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Afrikaans |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 16 November 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | af |
Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van Wikipedia, die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie, waar "vrye" na die kopievrye lisensiëring van die projek verwys. Die Afrikaanse weergawe was op 16 November 2001 die 11de Wikipedia om geskep te word.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 121 331 artikels, en is volgens hierdie maatstaf die 69ste grootste Wikipedia.[2] Wat die aantal biografiese artikels per geslag betref was die Afrikaanse Wikipedia in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van al die taalweergawes.[3]
Dit gebruik tans MediaWiki weergawe 1.44.0-wmf.13 (ab7da13),[4] en word deur gebruikers in Suid-Afrika en Namibië, benewens bydraers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië in stand gehou. Die Afrikaanse Wikipedia het tans 401 588 bladsye, waarvan 121 331 artikels is. Dit het 184 262 geregistreerde gebruikers, waarvan 212 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 2 729 259 wysigings aangebring en 9 737 lêers opgelaai.
Google Translate gebruik die Afrikaanse Wikipedia as korpus om sy vertaalmodel op te lei.[5]
An initiative that significantly improved the accuracy of Afrikaans through Google Translate was the drive by the SA Academy for Science and the Arts to expand the Afrikaans Wikipedia. In 2016, Pretorius (2016) called for expanding the Afrikaans Wikipedia. The SA Akademie vir Wetenskap en Kuns echoed this call and offered training sessions. The call was answered by numerous Afrikaans enthusiasts, which resulted in the expansion of the Afrikaans Wikipedia to the more than 100 000 articles currently available (see Table 1). The expansion contributed to the massive linguistic corpus that Google Translate needs to improve its accuracy.['n Inisiatief wat die akkuraatheid van Afrikaans op Google Translate aansienlik verbeter het, was die veldtog van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om die Afrikaanse Wikipedia uit te brei. Pretorius (2016) het in 2016 'n beroep gedoen op die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hierdie oproep beaam en opleidingsessies aangebied. Die oproep is deur talle Afrikaanssprekende entoesiaste beantwoord, wat gelei het tot die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia na die meer as 100 000 artikels wat tans beskikbaar is (sien Tabel 1). Die uitbreiding het bygedra tot die massiewe linguistieke korpus wat Google Translate nodig het om die akkuraatheid daarvan te verbeter.]