Suid-Afrika 1996 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Suid-Afrika |
Datums | 13 Januarie – 3 Februarie |
Spanne | 15 (van 1 konfederasie) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Suid-Afrika (1 titel) |
Tweede plek | Tunisië |
Derde plek | Zambië |
Vierde plek | Ghana |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 29 |
Doele | 78 (2.69 per wedstryd) |
Bywoning | 640 880 (22 099 per wedstryd) |
Meeste punte | Kalusha Bwalya (4 doele) |
Beste speler | Kalusha Bwalya |
← 1994 1998 → |
Die Afrikanasiesbeker 1996 is van 13 Januarie tot en met 3 Februarie 1996 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 20ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die eerste keer wat Suid-Afrika die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree voordat hulle ook die 2013-toernooi aangebied het.
Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 16 nasionale sokkerspanne, wat verhoog is van die vorige twaalf deelnemers tydens die Afrikanasiesbekertoernooie in 1992 en 1994. Nadat die titelhouer Nigerië weens Suid-Afrika se gasheerskap nie aan die toernooi wou deelneem nie, is Guinee gevra om deel te neem, maar hulle het weens ’n gebrek aan voorbereidingstyd geweier, waarvolgens 15 pleks van 16 spanne vanuit verskeie Afrikalande aan dié toernooi deelgeneem het. Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die trofee gewen nadat hulle Tunisië op 3 Februarie in die ENB-stadion met 2–0 geklop en sodoende hulle eerste Afrikatitel ingepalm het; Suid-Afrika het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 in Frankryk gekwalifiseer.[1] Zambië het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig.