Suid-Afrika 2013 | |
---|---|
![]() | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | ![]() |
Datums | 19 Januarie – 10 Februarie |
Spanne | 16 (van 1 konfederasie) |
Stadions | 5 (in 5 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | ![]() |
Tweede plek | ![]() |
Derde plek | ![]() |
Vierde plek | ![]() |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 69 (2.16 per wedstryd) |
Bywoning | 729 000 (22 781 per wedstryd) |
Meeste punte | ![]() ![]() |
Beste speler | ![]() |
← 2012 2015 → |
Die Afrikanasiesbeker 2013 is van 19 Januarie tot en met 10 Februarie 2013 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 29ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die tweede keer wat Suid-Afrika die geleentheid kry om as gasheer op te tree nadat hulle ook die 1996-toernooi aangebied het.
16 spanne vanuit verskeie Afrikalande het aan die toernooi deelgeneem. Nigerië het die trofee gewen nadat hulle Burkina Faso op 10 Februarie in die ENB-stadion met 1–0 geklop en sodoende hulle derde Afrikatitel ingepalm het; Nigerië het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 in Brasilië gekwalifiseer.[1] Mali het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Zambië is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die uitklopfase gehaal, maar hulle is deur Mali in die kwarteindrondte met 1 (1) teen 1 (3) uitgeskakel.