Die Afrikanerbond was 'n belangrike Kaapse politieke party in die laaste kwart van die 19de eeu en tot en met Uniewording. Hierdie politieke party moet nie verwar word met die latere Afrikanerbond (kultuurorganisasie) nie. Laasgenoemde is die voortsetting van die eertydse geheime Afrikaner Broederbond.