AftoWAZ

NV AftoWAZ


Die AftoWAZ-administrasiegebou
Tipe Gesamentlike aandelemaatskappy
Gestig 1966
Stigter(s)KPSU
Hoofkantoor Toljatti, Rusland
SleutelpersoneIv Karakatzanis (President)
Gebied bedienwêreld
IndustrieMotorvervaardiging
ProdukteMotors
Dogter-
maatskappye
Bronto (motor)
EienaarRenaultNissan Alliance (100%)[1]
Webwerfinfo.avtovaz.ru
www.lada.ru

AftoWAZ (Russies: АвтоВАЗ; met Latynse letters: AvtoVAZ) is die Russiese motorvervaardiger wat voorheen bekend was as WAZ, maar buite Rusland beter bekend is onder die handelsnaam Lada. WAZ staan vir Wolzjski Aftomobilni Zawod (ВАЗ, Во́лжский автомоби́льный заво́д; Volzhskij avtomobil'nyj zavod of Wolga-motorfabriek). Die maatskappy is in die laat 1960's in die Sowjetunie gestig in samewerking met Fiat. Dit is die grootste maatskappy in die Russiese motorbedryf. Die RenaultNissan Alliance besit tans 100%.[1]

Die maatskappy vervaardig byna ’n miljoen motors per jaar, onder meer die Kalina, Lada 110 en die Niva-veldryvoertuig. Die oorspronklike WAZ-2101 en die motors wat daarop geskoei is, bly egter die modelle wat die meeste met die naam verbind word.

Die WAZ-aanleg is een van die grootstes in die wêreld, met produksiebane van 140 km, en is uniek in die opsig dat die meeste onderdele vir die motors deur die maatskappy self gemaak word.

Die oorspronklike Lada was bedoel as ’n "volksmotor" vir die Oosblok – sonder enige van die luukses wat in Westerse motors van dié era as vanselfsprekend aanvaar is. Ladas is tydens die 1970's en 1980's verkoop as goedkoop motors sonder fieterjasies, nes die Volkswagen-Kewer, in verskeie Westerse lande, insluitende Kanada, Brittanje, Frankryk, België, Luxemburg en Nederland, maar weens handelsanksies nie in die VSA nie. Verkope in Italië is verbied volgens ’n ooreenkoms tussen die Sowjet-regering en Fiat om Fiat te beskerm.

  1. 1,0 1,1 Die Sentrale Bank het AvtoVAZ toegelaat om nie inligting bekend te maak nie

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne