Agterdek
|
|
Latynse naam |
Puppis
|
Genitief |
Puppis
|
Afkorting |
Pup
|
Waarnemingsdata (Epog J2000)
|
Regte klimming |
7,5h
|
Deklinasie |
-30º
|
Grootte |
673 vk. grade (20ste)
|
Kwadrant |
SQ2
|
Besonderhede
|
Hoofsterre |
9
|
Helderste ster |
Zeta Puppis (Naos)
|
Naaste ster |
LHS 1989
|
Sterre helderder as 3 m |
1
|
Sterre met planete |
3
|
Messier-voorwerpe |
3
|
Bayer-/Flamsteed-sterre |
76
|
Simboliek |
Agterdek van ’n skip
|
Meteoorreëns |
Pi Puppids, Zeta Puppids, Puppid-Velids
|
Aangrensende sterrebeelde
|
Eenhoring, Kompas, Seile, Kiel, Skilder, Duif, Groot Hond, Noordelike Waterslang
|
|
Die Agterdek of Agterskip (Latyn: Puppis) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die agterdek van ’n skip en sy stuurhuise. Dit was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later verdeel is in drie dele – die ander twee is die Kiel en die Seile. Die Agterdek is die grootste van die drie sterrebeelde in vierkante grade.