Aichi D3A | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Aichi Kokuki KK |
Nooiensvlug | Januarie 1938 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Japannese Keiserlike Vloot |
Aantal gebou | 1 495 |
Die Aichi D3A is 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Japannese Vloot het 'n samewerkingsooreenkoms met die Duitse vliegtuigvervaardiger Heinkel gehad, en die invloed van die ooreenkoms is duidelik te sien in die ontwerp van die vliegtuig.