![]() | |||||||
| |||||||
Gestig | 20 Desember 1993 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 18 November 1996 | ||||||
Bedryfsbasisse | |||||||
Lojaliteitsprogram | BIG Loyalty Programme[1] | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 255 (insl. filiale) | ||||||
Bestemmings | 165 (insl. filiale) | ||||||
Houermaatskappy | Tune Group | ||||||
Hoofkantoor | Kuala Lumpur Internasionale Lughawe Sepang, Selangor, Maleisië | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Omset | ![]() | ||||||
Netto inkomste | ![]() | ||||||
Werknemers | 20 000 (2019) | ||||||
Webwerf | www |
Capital A Berhad, bedryf as AirAsia (gestileer as airasia) is 'n Maleisiese multinasionale laekostelugredery met sy hoofkwartier naby Kuala Lumpur, Maleisië. Dit is die grootste lugredery in Maleisië volgens vlootgrootte en aantal bestemmings. AirAsia bedryf geskeduleerde binnelandse en internasionale vlugte na meer as 165 bestemmings wat oor 25 lande strek.[4] Sy hoofbasis is klia2, die laekoste-diensterminal by Kuala Lumpur Internasionale Lughawe (KLIA) in Sepang, Selangor, Maleisië. Sy geaffilieerde lugdienste Thai AirAsia, Indonesia AirAsia, Philippines AirAsia en AirAsia India het basisse onderskeidelik in Bangkok–Don Mueang, Jakarta–Soekarno-Hatta, Manila–Ninoy Aquino en Bangalore–Kempegowda-lughawens, terwyl sy susterlugredery, AirAsia X, fokus op langafstandroetes. AirAsia se geregistreerde kantoor is in Petaling Jaya, Selangor, terwyl sy hoofkantoor by Kuala Lumpur Internasionale Lughawe is.
AirAsia behaal die wêreld se laagste eenheidskoste van VS$0,023 per beskikbare sitplekkilometer en 'n passasiers-gelykbreek-vragfaktor van 52%. In 2007 het The New York Times die lugredery beskryf as 'n "pionier" van laekostereis in Asië.[5] AirAsia is die borg van Maleisië se nasionale sokkerspan, Singapoer nasionale sokkerspan, Jamshedpur FC en Queens Park Rangers. AirAsia is ook 'n voormalige borg van Manchester United en Asia Red Tour.
AirAsia is deurlopend vir 11 jaar deur Skytrax aangewys as die wêreld se beste laekostediensverskaffer in internasionale reis- en lugrederytoekennings, insluitend die jongste toekenning vir 2019.[6] Aan die begin van die Covid-19-pandemie het AirAsia egter verkies om nie algemene terugbetalings te gee aan passasiers van vlugte wat hy gekanselleer het nie, om sy kontant te bewaar. Reisbewyse is eerder by verstek aangebied, met terugbetalings wat slegs op 'n geval-tot-geval-basis uitgereik word.[7]
AirAsia se oorsprong, korporatiewe identeit en kleurskema-tydlyn