Ajay Banga

Ajay Banga (links)

Ajaypal (Ajay) Singh Banga (gebore 1960) is 'n Indies-Amerikaanse sakeleier. Hy dien sedert 1 Julie 2010 as president en hoof- uitvoerende beampte van Mastercard.[1][2][3][2] In Februarie 2015 stel die Amerikaanse president Barack Obama Banga aan as lid van die president se raadgewende komitee vir handelsbeleid en onderhandelinge.[4]

Banga is voorsitter van die VS-Indië-sakeraad (U.S.-India Business Council, USIBC) wat meer as 300 van die grootste internasionale maatskappye wat in Indië belê, verteenwoordig. Banga is ook lid van die raad van direkteure van die Dow Chemical Company, lid van die raad op buitelandse betrekkinge, en lid van die internasionale sakeraad van die Wêreld Ekonomiese Forum.[5] Die regering van Indië het die burgerlike toekenning van die Padma Shri in 2016 aan Banga toegeken.[6]

  1. Reshmanth (6 April 2015). "These CEOs of Indian Origin will make you feel proud" (in Engels). South Report. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op 22 Mei 2017.
  2. 2,0 2,1 "About Mastercard - Smart & Secure Payment Solutions". www.mastercard.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  3. "Bloomberg - Executive Profile". www.bloomberg.com. Besoek op 16 Junie 2019.
  4. "President Obama Announces More Key Administration Posts" (in Engels). 5 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2016.
  5. "Ajaypal Singh Banga appointed as member of US advisory Committee for trade policy and Negotiations" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2015. Besoek op 16 Februarie 2015.
  6. "Padma Awards 2016" (in Engels). Press Information Bureau, Government of India. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 2 Februarie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne