Aksiologie (van die Griekse ἀξία axia, "waarde", en -λογία -logia) of waardeleer is die filosofiese bestudering van waardes. Dit is óf ’n versamelnaam vir etiek en estetika,[1] filosofiese velde wat te doen het met die betekenis van waarde, óf die grondslag vir hierdie velde. Die term is in 1902 die eerste keer deur Paul Lapie[2][3] en in 1908 deur Eduard von Hartmann gebruik.[4][5]
Etiek stel ondersoek in na die begrippe "reg" en "goed" in individuele en sosiale gedrag. Estetika het doen met "skoonheid" en "harmonie".