Kaart | Wapen |
![]() | |
Vlag | |
Land | ![]() |
Gewes | Norðurland eystra |
Koördinate | 65°41′N 18°6′W / 65.683°N 18.100°W |
Stigting | 1602 Deense handelspos |
Stadstatus | 1786 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 133 vk km |
Hoogte bo seevlak | 7 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 April 2008) | 17 304 |
- Bevolkingsdigtheid | 139/vk km |
Tydsone | UTC +0 |
Klimaat | |
- Tipe | Polêre seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 3,8 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -1,6 / 11,0 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | 457 mm |
Burgemeester | Sigrún Björk Jakobsdóttir |
Amptelike Webwerf | www.akureyri.is |
Akureyri [ˈaːkʰʏrˌeiːrɪ] is met 'n bevolking van 17 304 mense die vierde grootste stad van Ysland ná Reykjavik, Kópavogur en Hafnarfjördur. Dit is die tweede grootste stedelike gebied buite die hoofstadgewes van Reykjavik en die beduidendste kulturele, nywerheids-, dienste- en handelsentrum in Noord-Ysland. Danksy 'n groot aantal skole en die Universiteit van Akureyri, wat in 1987 geopen is, fungeer die stad ook as 'n opvoedkundige sentrum vir die gebied. Akureyri is langs die Yslandse Ringpad 1 geleë en beskik oor sy eie see- en lughawe.