Al-Ma'idah

المائدة
  Soera 5 van die Koran  
Klassifikasie Medinees
In Arabies Al-Mâ-idah
Transliterasie Al-Ma'ida
In Afrikaans "Die Gedekte Tafel"
Deel 6-7
Ajat 120
'n Blad van 'n 8ste-eeuse Koran. Die teks ná die eerste rooi inskripsie is die begin van "Die Gedekte Tafel".

Al-Mâ-idah (Arabies: المائدة, "Die Gedekte Tafel") is die 5de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 120 ajat, of verse. Dit is 'n Medinese soera, wat beteken dit is in Medina geopenbaar en nie in Mekka nie.

Die onderwerpe in die hoofstuk sluit in watter diere garaam (verbode om te eet) is, en Jesus en Moses se sendings. In vers 90 word dwelms, sterk drank en dobbelary verbied. Vers 8 bevat die frase "laat die vyandskap van ’n volk julle nie tot onregverdigheid aanspoor nie".

Vers 32 veroordeel moord: "Wie ’n mens sy lewe ontneem, dan is dit asof hy die hele mensdom vermoor het. En wie ’n lewe red, dit is asof hy die hele mensdom gered het."[1]

  1. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne