Aladdin (ook soms Aladin) is 'n fiktiewe karakter in 'n bekende Midde-Oosterse verhaal, Aladdin en die Towerlamp. Die sprokie word in die boek, Duisend-en-een nag, aangetref. Dit is egter eers in die 18de eeu deur die Fransman Antoine Galland tot die versameling toegevoeg. Die verhaal word dikwels as 'n pantomime opgevoer. Dit is ook vir verskeie musiekblyspele, TV-reekse, rolprente en kinderboeke verwerk.