Albert Coates

Albert Coates
Albert Coates (rondom 1920)
Agtergrondinligting
GeboortenaamAlbert Henry Coates
Gebore23 April 1882
Sint Petersburg
Sterf11 Desember 1953
Milnerton, Kaapstad
GenresKlassieke musiek
Beroep(e)Komponis, dirigent
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "beeldbeskrywing"

Albert Coates (1882–1953) was ’n Russiesgebore Britse en later Suid-Afrikaanse dirigent en komponis. Tussen 1910 en 1917 was hy dirigent van die Mariinskiteater in Sint Petersburg. In 1919 sluit hy hom by die Londense Simfonieorkes aan, waar hy onder meer die Wêreldpremiére van Gustav Holst se volledige Planets Suite en die hersiene weergawe van Vaughan Williams se A London Sympony dirigeer. Nadat hy met die Suid-Afrikaanse sangeres Vera de Villiers getrou het, emigreer hulle in 1945 na Suid-Afrika. Hy het nege operas gekomponeer. Die laaste, Van Hanks and the Devil, is die eerste keer in 1952, ten tyde van die Van Riebeeckfees, opgevoer.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne