Albert Luthuli | |
Albert Luthuli, omtrent 1960 | |
President van die African National Congress
| |
Ampstermyn 1952 – 1967 | |
Voorafgegaan deur | James Moroka |
---|---|
Opgevolg deur | Oliver Tambo |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | ca. 1898 Bulawayo, Suid-Rhodesië |
Sterf | 21 Julie 1967 Stanger, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Nokukhanya Bhengu |
Toekennings | Nobelprys vir Vrede (1960) |
Inkosi Albert Luthuli was 'n Zoeloehoofman, onderwyser, en president van die African National Congress en wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1960.[1]
Luthuli is omstreeks 1898 in Bulawayo, Suid-Rhodesië, gebore. Hy ontvang opleiding as onderwyser aan die Adamskollege. Hy dien in die Naturelleverteenwoordigersraad totdat dit in 1946 afgeskaf word. Hy word president van die ANC in 1952, waarna sy verset teen die regering en sy aandeel in die openbare vernietiging van passe na die oproerigheid by Sharpeville daartoe lei dat hy in sy huis op Stanger ingeperk word.